Home

Jy is Spesiaal

Perfek vir God se legkaart

Ons glo nie in toeval nie. Ons glo dat jy God se perfekte legkaartstuk vir ons gemeente is! God gebruik jou unieke menswees, vaardighede en kennis binne ons gemeente om ons te help groei na Sy doel in ons groter geloofsgemeenskap. Daarom is daar by ons Gemeente vir élkeen ruimte om sy geloof aktief te kan kom uitleef, ook vir jóú.

 

Ons Gemeente se hart en missie is om ons lidmate en vriende, asook ‘n soekende wêreld daar buite, met die reddende liefde van Jesus Christus self te bedien, op te hef en te bemoedig. Daarom wil ons vir jou sê: Jy pas perfek!

Wie ons is

Ons is ‘n mid-grootte plaaslike gemeente van die AGS van Suid-Afrika en het in 2012 ontstaan vanuit ‘n behoefte vir ‘n charismatiese kerk in die groter Farrarmere area.

Bedieninge

Elke lidmaat het ‘n aktiewe rol te speel het binne die uitbreiding van God se Koninkryk. Derhalwe bemagtig ons ons lidmate om hul Goddelike roepings en bedieninge aktief binne en buite ons gemeente uit te leef.

Gebedsversoek

- Het jy ‘n krisus?
- Het jy dringend gebed nodig?

Word Deel

-Nuut in ons area? - Opsoek na ‘n plek om te aanbid? -om permanent by ons aan te sluit? - Is God besig om jou te skuif na ‘n nuwe Gemeente? Klik hier vir ons Deelword Proses

Gee

Om ‘n daadwerklike verskil te kan maak in mense-lewens het ons jou tyd, kennis, ervaring, kundigheid en bydraes nodig.